Toutologie (stylfiguur)

'n Toutologie (afkomstig van die Griekse woord ταυτολογία, d.w.s. tauto logos, wat dieselfde woord beteken) of stapelvorm[1] is die benadrukking van 'n woord met 'n ander woord waarvan die betekenis so goed as dieselfde is. Anders gestel is dit die opeenstapeling van woorde met dieselfde betekenis,[1] wat gevolglik oorbodige herhaling behels.

Toutologie kom meer dikwels voor as 'n taalfout as 'n stylfiguur, maar in eersgenoemde geval is daar sprake van versteende gebruik. Baie vaste uitdrukkings is dan ook toutologieë. Ook kan 'n toutologie soms meewerk om 'n gevoel te versterk. Dit word nie as foutief beskou wanneer dit só aangewend word nie.

By 'n pleonasme is die twee woorde nie sinonieme nie, maar word die betekenis van die een woord by die ander ingesluit, byvoorbeeld met "dood verdrink".[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 Louw, Willa (2003). Superfiks G11 Afrikaans (1ste uitg. uitg.). Kaapstad: Pearson Education South Africa. p. 92. ISBN 063605740 2.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy